Klein Pierre het van die begin van die fotosessie diep in my hart gekruip toe hy sommer net so sonder fieterjasies besluit het ek moet hom dra. Ek dink hy is elke mamma se droom seuntjie – blou ogies en opstaan spierwit haartjies met so ‘n ondeunde gesiggie. Ek het hom laas afgeneem met sy geboorte en dit was ‘n absolute plesier om hom weer te kon sien. Lizene is self ‘n opkomende fotograaf so gaan loer gerus na haar foto’s hier: http://www.kellyclickz.com/